Ons leef in 'n tyd van toenemende onsekerheid, wanhoop en duisternis, en die moderne mens is al hoe minder in staat om blywende vrede, vreugde en sinvolheid te vind. Die mens wat die ware Lig ontdek het, se lewe vertel egter 'n heel ander verhaal: dié van blydskap, hoop en vooruitsig. In OMDAT JY GLO lei gevierde skrywer Solly Ozrovech jou om in 366 dagstukke opnuut te ontdek dat die Leidsman jou oproep tot bekering, gehoorsaamheid en 'n dieper gemeenskap met Hom. Luister na die stem van die Meester sonder gelyke en wandel in die lig van Hom wat is, wat was en wat weer kom: Jesus Christus ons Here. |