• Reduced price

Gourmet Susters - Kuier en Kook Saam

ZAR300.00
ZAR60.00 Save ZAR240.00
Quantity
In Stock

Last time this product was added to a cart: 04/09/2016

Sue-Ann en Ilse het ’n hegte vriendskap gevorm tydens die opnames van MasterChef SA 2012. Sedertdien pak hulle heelwat projekte saam aan en staan bekend as die Gourmet Susters. Hulle het nou ook kragte saamgesnoer in die vorm van hierdie kookboek. Hulle het 44 algemene bestanddele gekies en elkeen gee toe ’n resep wat haar eie persoonlikheid en ingesteldheid teenoor kos vergesteld. Op hierdie manier kyk ons deur verskillende stelle oë na bekende bestanddele soos avokado’s, kekerertjies, hoenderborsies, volstruisvleis, calamari, sjokolade en vele meer. Sue-Ann en Ilse se resepte is maklik en vinnig maar ook opwindend; van oond-gebakte, liggies-gegeurde hoenderborsies tot vinnige pasta met hoenderrepies en vars kruie. In die proses leer ons nuwe tegnieke en het ons ’n groot hoop pret saam met die twee energieke vriendinne in die kombuis. Hierdie kookboek is geskik vir beginners sowel as meer ervare kokke. Ons gaan nog veel meer van hierdie twee uitblinkers hoor!

9780798159777
4 Items

Data sheet

Language
Afrikaans
Publisher
Human & Rousseau
Format
Soft Cover