Op veertien bly Elton in 'n afree-oord en moet hy deal met oom Tienie Bakkes, voorsitter van die inwonerskomitee. Die sersant-majoor haat vir Elton en breg met n A-plus vir anger issues. Maar die feit is Elton sal eerder tien tawwe oom Tienies face as die roowarm skande wat sy ma onverwags oor hom bring: die presiese dag dat hy besef hy kry nou hardebaard en sal moet begin skeer, vind Elton met 'n ompad uit sy ma is swanger! Elton se lewe is geruineer. En hy is op die oorlogspad.