Hierdie pragtige geillustreerde bundel is 'n keur van die mees geliefde sprokiesverhale en kinderverse wat oor diere gaan. Maak nuwe dierevriende met karakters uit Die Lelike Eendjie, Die Gestewelde Kat, Die Musikante van Bremen en Die Drie Varkies. Geniet die ritme en pret van geliefde kinderverse.